Elana, haar familie en Bakgatboeke

Ons boer in die boesmanland (tussen Kakamas en Pofadder). Ek het vir baie lank voor ek getroud is in 2010 kleuter ontwikkelings klasse in my geboorte dorp Upington aangebied, asook lees klasse wat leerders vanaf graad 1 leer om met spoed te lees, en te onthou wat hulle gelees het. Later beteken dit dan dat hulle leer om met begrip te lees en teen spoed wat baie help met leer. Veral as die werk baie begin raak.

Ek het soveel drome gehad vir boervrou wees min het ons geweet dat die eerste groot droogte sommer kort na ons troue sou begin. Ons het 3 pragtige seuns Jan ons oudste is 9 November 2012 gebore en dan ons kostelike tweeling Jaco en Dean is in Desember 2015 gebore op die 31ste. 2015 is ook die jaar waarin ons droogte begin het nooit het ons gedink dat dit so lank en so erg gaan raak nie, maar deur die Here se genade is ons nog op die plaas met heelwat minder diere maar met soveel ander genades.

Ek het in 2016 vreeslik gebak en kos gemaak vir funksies maar met die kinders nog so klein het dinge nie lekker aldag gewerk. In 2017 het ek begin planne maak om weer die werk wat ek destyds met die kleuters gedoen het te her ontwerp en nuut te maak( ek meen eks mos nou slimmer en het immers self ook nou 3 woelwaters) Dit het maar stadig en baie stelselmatig begin opbou. Ek fokus op al die leer areas van kleuter ontwikkeling met die doel om juffrouens te help met eksta hulp middels in die klas asook die plaas mamma of die homeschool mamma wat ook nie weet waar om te begin.

Ek koop al my clipart aan op die internet en dan ontwikkel ek die produkte. Het ook n vriendin wat vir my teken as sy self nie te besig is nie  In 2018 het ek vanaf Upington weer begin werk. Ek en my man het in daardie tyd mekaar net naweke gesien was nie baie lekker nie maar wat kon ons maak ons droogte het voort geduur maar ons het aanhou baklei. 2019 was vir ons as gesin goed ons kon nie kla ons het kop bo
water gehou en dinge het geloop.

2020 Covid-19 …… alles het hierna verander maar dinge werk soos dit moet. Nou is alle kleuter produkte net in PDF beskikbaar. Daar is nog paar goedjies wat ek die verkies om net in hardekopie te verkoop. Jy sal hulle ook op die website kan sien. Die reeks het intussen gegroei tot en met graad 3 en dan natuurlik ook ietsie vir mamma van lekker self skryf resepteboeke tot kalenders en reen boeke… wat ons glo vas iewers sal die reen weer kom.

My man het ook die jaar begin krale sweis vir seuntjies om die finansies n hupstoot te gee en oneindig baie seuntjie harte is al verbly die laaste paar maande.

Liefde uit die steeds droe boesmanland en mag julle elkeen se wildste drome bewaar word.

Kontak my gerus op 071 122 7020